PSA het die nuwe jaar effe laat begin, maar met meer lede en `n goeie naweek. Die manne het die afgelope naweek (5-7 Februarie) weer L'Agulhas se kant to gegaan, maar die keer - op Mosselbras se versoek - het ons Suiderstrand/Brandfontein se kant toe gestap.
Vrydag aand het die groep (voorsitter uitgesluit) op Slappies se nuwe (ou) Ford F100 die bekende pad Struisbaai toe aangedurf. Ten spyte van onbekende vermoe van die F100 was gemoedere baie hoog. Almal het laas week verby gewens en kon nie wag om `n lyn in die water te kry nie.
Daar aangekom het hulle glo die pool tafels in Struisbaai gaan breek, en toe die nag tot 5h toe gaan hengel..
Net duskant dagbreek Saterdag oggend ariveer Ratchet...met `n uil in sy windscreen. Effens gerattle maar helse opgewonde word die manne uit die bed geskop, breakfast bedien en voorberei deur Katvis en Mosselbras. Kraaines was effe broos, maar weer so skerp soos altyd op `n babbelasoggend.
Stokke is gelaai en daar gaan die ford- die hele blerrie pad vol tot by Suiderstrand.
Kraaines het gese die pad is effe ver, maar hy het ook gese ons stap oor sand... Toe nie. Klippe. En dit met Colemans vol bier. Maar nietemin het ons daar gekom, ge-rig en ingegooi.
Met die eerste gooi haak Katvis `n klein Kabeljoutjie. Direk daarna land Kraaines sy eerste vis - `n 36cm Kolstert. Pragtige oukie en hy was heerlik op die kole.
Laastens pluk Slappies `n Streep uit. Nou kyk, ek noem dit `n Steep, want om hom te verklein na "Strepie" toe sou `n skande wees. 23cm. En dan was die ou dik, amper soos dik Frik van Orkney.
Die dag het maar so verby gestroll en ons het maar maer begin trek. By die huis gekom is daar lekker geslaap, weer bietjie gaan hengel by Kolstertgat, babers geland en toe maar gaan braai.
Die eerste PSA naweek was dus `n sukses en `n groot aansporing vir almal om die jaar meer ernstig te begin hengel - dis nou as MCM dit nie opmoer nie...
Thursday, February 11, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)