Tuesday, March 23, 2010

Struisbaai 5 Spesie Rock and Surf Angling Competition


PSA naweek: 26 – 28 Februarie 2010
Struisbaai 5 Spesie Rock and Surf Angling Competition



PSA het die naweek van 26 – 28 Februarie deel geneem aan die Struisbaai 5 Spesies Visvang Kompetisie. Al die manne se opgewondenheid was iets verskrikliks gewees en sommige van ons moes slapelose nagte gehad het. Die F100 was weer gelaai vrydag na werk en Du Plessis senior se motor is geleen en die pad na Struisbaai het voorgele.

Toe die manne in Struisbaai aankom was daar na die hengel tent gegaan wat op die kampeer terrein was om net die nodige inligting te kry vir die kompetisie. ‘n Paar branties moes toe ook gedrink word sedert dit nie te duur was vir die sak nie. Na die inligting sessie by die tent was daar huiswaarts gekeer om te gaan slaap, sedert die kompetisie die volgende oggend 5uur afgeskop het. Ons het besluit om 4uur op te staan, maar sedert ongevraagde gebeure het ons bietjie vroeer opgestaan. Die bakka is gelaai en ons het die pad gevat Suiderstrand toe.

Sedert dit nou ook donker was kon almal nie lekker sien nie, en die visstokke wat bo op die bakkie was het beur ‘n bos gegaan met die draai slag. Was dit nou vir jou ‘n ramp. Al die stokke het afgedonner tot in die pad.

Ons het met ruk en pluk Suiderstrand toe gery. Die bakka was bietjie siek gewees en ons het nie geweet die bakka vat unleaded petrol nie. Die gear is gelaai en ons het die lang stap aangedurf na ons visvang plek op Suiderstrand. Katvis was teen 6uur geskakel deur Rachet wat nou immers by die huis was sedert hy ongelukkig nie kon saam kom nie, en gevra of ons darem al teen die water is. Verskriklike jaloesie en ongelukkigheid kon ek deur die telefoon hoor.

Lyne was so teen half 7 in die water en die manne was amped gewees. Nie baie aksie gehad op ons plekkie nie, net so haaikie of wat, besluit ons om die klippe aan te vat tussen die ander manne wat ook deelneem aan die kompetisie. Nat en glibberig. Hier op die klippe het ons so bietjie rond gedans en geval. Lynne was in die water en daar was sommer vinnig byte gewees. Paar haaie het uitgekom (Kraaines het almal gevang), en toe land Katvis die eerste Kabeljoutjie. Ons het soos mal goed aangegan toe die vis sy blink lyf wys. Bear Grills (George) was so excited hy het hekkies gespring oor die nat klippe om die vis te red. Paar minute later land Shaun ‘n kabeljoutjie en later die dag weer, maar ongelukkig te klein. Hulle was mooi terug gelaat die see in. Katvis het later toe weer ‘n kabeljoutjie geland wat ook size was. Die spot was vol aksie die dag. Kraaines het die laaste vis hier uit getrek die dag. Dit was ‘n hottie gewees. Netjiese ou vissie. Hy het die size gehad en was gehou.




Hoogwater het nader gekruip en ons het terug geskuif na die baaitjie toe. Hier het toe niks verder aangegaan nie. Die gear is opgepak en ons het die pad terug gevat. Daar was vinnig by die huis ‘n draai gemaak, en Kraaines, Shaun, Baber en Katvis het besluit om Kolstertgat aan te vat. Nie te baie aksie gehad nie, maar Katvis het hier ‘n Zebra uitgetrek wat net net size was, maar besluit om die ou weer terug te gooi. Baie pruike was gevang hier in die baaitjie. Dis nou seegras vir die wat nie weet nie. Baber het hier ook die kleinste bottervissie wat ek al ooit gesien het uitgetrek. Ons het toe maar so teen half 3 se kant besluit om klaar te maak en die pad huistoe gevat. Die vis is skoon gemaak en toe is ons na die inweeg toe. Hier was van die manne van ander hengel spanne nogals gekettie gewees. Ons het gaan loer na die grootste visse wat gevang was en gehoop om iets te wen met die lucky draw. Dit het toe nooit gebeur nie.




Ons het toe huiswaarts gekeer en die vuur is aangesteek. Almal was maar plankies gewees na die dag se aktiwiteite. Om die naweek af te sluit het ons die hottie en een kabeljou gebraai saam met knoffelbrood en braaivleis. Dit was `n goeie hengel naweek en ons hoop om volgende jaar weer terug te wees.