Tuesday, November 17, 2009
Struisbaai plaat
Reg, so die afgelope naweek (13-15November 2009) het ons Struisbaai plaat gaan aanvat. Ons kon nie wag dat die week verby gaan nie. Ons het nog nie die plaat gaan probeer nie, en het ook nie geweet wat om te verwag nie.
Katvis en Ratchet het die week verwoed sandsinkers gemaak. Met die wete dat dit `n noodsaaklikheid gaan wees. Ratchet het ook `n paar Non-return slides gemaak.
Vrydag middig is die surfboards gelaai, die bier gepak, die steaks in, en natuurlik, die visgear.
Vrydag aand daar aangekom het ons vir Toon gehelp om die dish reg te kry. Ons was van die gespaardes wat nie die Ras Dumisani fiasko aanskou het nie, maar ons het wel die vertrapping van die bokke ervaar.
Saterdag oggend is `n lekker ontbyt gemaak deur Kraaines, en ons het ons goed gepak - plaat toe. Ons wou gaan prawn pomp by die mond. Na `n helse lang grondpad ry met ou Bleekgat, kom ons by die mond. Natuurbewaring sê toe ons MAG NIE PRAWNS POMP NIE! Wat! Is julle ernstig? Het ons al die pad gery vir f*kkol! Mens moeilik betaal ons toe maar die R25 en pak die "10minute" stap aan na die plaat... Yeah right. 10 minute. Dit was meer soos tien jaar. En dit nog met `n cooler vol bier. Wel, om die gemoan en gevloek kort te maak, kom ons eindelik by die plaat aan - sommer so bo-oor `n duin. En daar lê hy - 11km se hengel paradys. Ek sien so in my geestes oog hoe die kabeljou en steenbras so op die water aangedans kom aan ons hoeke. Maar tevergeefs. Die strome was so sterk, nie eens mnr Ryk Neethling sou dit maak nie. Daar is ons hengel op die plaat `n flop, `n frustrasie en `n moedelose storie.
Ons pak toe maar ons goedjies op, en durf die lang stap terug aan.
Ons gaan try maar toe ons luck by die skip se kant. Die gety het ingekom - dit was so 3 uur voor hoog. Die water was lekker rof en daar was `n paar vuil kolle in die water.
Baie gooie is gemaak, aas is afgevreet, maar niks is gehaak nie. Kraaines Maree het sy signature move gegooi (sinker afgooi) en toe die kraaines van die jaar gegooi. Ek gaan nie veel sê oor Katvis se klipvis nie...
Die res van die dag was maar droewig, so ek gaan dit ignoreer.
Die aand het Ratchet `n oorgewig baber uitgetrek.
Sondag oggend is die manne weer vol moed uit die huis na die waters. Kondisies het mooi gelyk. `n Paar gooie is by `n baaitjie gaan maak, maar daar was dit net vassit en geen vis.
Ai, ja, wat kan ek sê? Die naweek het die egos hard geknak. Terleurstelling smaak maar net bitter. Dit is seker maar visvang, of sal ek sê hengel.
Hier is `n aanhaling vir `n onsuksesvolle hengelaar, soos net Homer Simpson dit kan sê- "Son, when you participate in sporting events, it's not whether you win or lose: it's how drunk you get. "
Tot die volgende trip.
PSA Voorsitter - Ratchet.
Monday, October 12, 2009
L'Agulhas-Struisbaai Hengel Skins 2009
Drie van die PSA lede het die afgelope naweek gaan deelneem aan die Skins kompetisie te Struisbaai.
Vrydag aand is die Condor gelaai en ons is met groot entosiasme oppad Struisbaai toe. Daar aangekom het ons gou ingeskryf en het gou `n steak op die kole gaan gooi. Weereens het mnr Kroff hom baie goed van die braai-duties gekwyt - welgedaan.
Saterdag oggend was ons vroeg uit die vere het die lang dag vol moed aangepak. Teen sewe uur was ons lyne in die water en het die dag amptelik begin. Daar was `n paar groot byte, maar niks wou die hoek vat nie.
Die dag het so verbygegaan. Hier `n byt, daar `n kraaines, maar niks opwindends nie. Ratchet het wel `n Skaamhaai uitgetrek, en Mosselbras `n klipvis.
Ons is so by 2uur Struisbaai Plaat toe. Die wind het onshore gepomp en het dit moelik gemaak om afstand met die ingooi te kry. Hier het egter niks in die aas belang gestel nie, behalwe krappe.
Ons is toe maar leë hande na die "Weigh-in" toe, wat van 4 tot half 5 was. Twee local vissermanne het twee helse groot mosselkrakers gevang en twee knewels kabeljoue. Die grootste mosselkraker was 7.56kg.
So het die naweek se hengel tot `n einde gekom. Dit was baie lekker, al het ons niks gevang nie, maar ons is volgende jaar weer terug!!
Monday, September 28, 2009
Palmiet hengel naweek
Na afloop van die naweek se hengel skryf ek graag op ons eie blog se eerste post.
Donderdag oggend, 24 September het die PSA lede vol moed hulle tente, kos en hengel gear ingepak en die (kort) pad na Palmiet aangepak.
Daar gekom besef Kraaines Maree natuurlik dat hy mnr Kroff se voorpunt ingepak het en dat hy sy slaapsak en kussing vergeet het. Na die opslaan van die tente is die gear reggekry en die eerste hengel van die naweek is aangepak met groot ywer.
Ons het in Betty's Baai gaan gooi. Die wind het ons behoorlik opgehel en die Kraaineste het maar kwaai geloop tussen Ratchet en Kraaines, maar nietemin is die lyn in die water gekry. Ernstige byte was maar min.
Ons skuif toe na `n ander spot, en hier was die luck meer aan ons kant. Kraaines het sy galjoen in die skuim verloor en Kroff het `n mooi 39cm, 1kg galjoentjie tot op die wal gebring.
Verder het Ratchet `n undersize kolstert gevang, maar die outjie is darem weer terug gelaat in die see in.
Die weer het ons biekie opgeneuk, maar nouja, dis seker maar deel van kamp.
Subscribe to:
Posts (Atom)