Drie van die PSA lede het die afgelope naweek gaan deelneem aan die Skins kompetisie te Struisbaai.
Vrydag aand is die Condor gelaai en ons is met groot entosiasme oppad Struisbaai toe. Daar aangekom het ons gou ingeskryf en het gou `n steak op die kole gaan gooi. Weereens het mnr Kroff hom baie goed van die braai-duties gekwyt - welgedaan.
Saterdag oggend was ons vroeg uit die vere het die lang dag vol moed aangepak. Teen sewe uur was ons lyne in die water en het die dag amptelik begin. Daar was `n paar groot byte, maar niks wou die hoek vat nie.
Die dag het so verbygegaan. Hier `n byt, daar `n kraaines, maar niks opwindends nie. Ratchet het wel `n Skaamhaai uitgetrek, en Mosselbras `n klipvis.
Ons is so by 2uur Struisbaai Plaat toe. Die wind het onshore gepomp en het dit moelik gemaak om afstand met die ingooi te kry. Hier het egter niks in die aas belang gestel nie, behalwe krappe.
Ons is toe maar leƫ hande na die "Weigh-in" toe, wat van 4 tot half 5 was. Twee local vissermanne het twee helse groot mosselkrakers gevang en twee knewels kabeljoue. Die grootste mosselkraker was 7.56kg.
So het die naweek se hengel tot `n einde gekom. Dit was baie lekker, al het ons niks gevang nie, maar ons is volgende jaar weer terug!!
Awe
ReplyDeleteLeke haaikie daai...
ReplyDelete