PSA naweek – 19 tot 22 Maart
Nog `n PSA naweek het tot `n einde gekom. Die een was biekie anders as die ander. Ons goeie vriend, Christo het verjaar en sy meisie het gedink dit sal goed wees om `n verrassings-naweek vir hom te reel. Ons as PSA nooi hulle toe saam vir `n hengel naweek.
Christo was nie die enigste “gas-hengelaar” nie, maar ook Stefan en Emile. Dit was Stefan se eerste keer met die oop-spoel, maar ek kon sien dat die man van Ceres al `n paar gooie gemaak het.
Vrydag aand was daar nie gehengel nie, maar net so biekie gekuier en gebraai.
Saterdag oggend het die manne 9 uur se kant (baie te laat) na die waters gegaan, vol moed en opgewondenheid. Christo en Kraaines het laat geslaap, en Kraaines sal by die volgende vergadering ernstig aangespreek word.
Met die eerste gooi haak Katvis Vermeulen `n mooi Kabeljoutjie. Net daarna ruk Mosselbras `n galjoentjie en daarna trek Vermeulen weer `n monster Wildeperd uit – 1.2kg. Die dag was vol aksie en daar was baie byte. Kondisies was mooi en die weer het ook mooi saamgespeel.
Ons gaan toe laat middag maar weer Kolstert gat toe, waar Christo toe `n mooi Kolstert uittrek met die afgeskryfde Elbe en die Finchaser.
Die aand is eers biekie ruggas gaan kyk, shots gedrink en toe gaan visbraai. En toe ruk dinge weer hand uit, maar gelukkig het ek dit gemis.
Sondag was toe mnr Toua se verjaardag en ons is maar weer so 9 uur se kant water toe. Ons het op by Platklip gaan probeer, waar Katvis `n Kolstert geland het, maar dit was dit. Min byte was Sondag ons voorland.
Ek (Ratchet), Kraaines en Christo is toe middag se kant plaat toe. Met die eerste gooi land ou Hammel `n mooi sandhaai, een van drie wat hy die middag gevang het. Kraaines het ook `n sandhaai gevang, en Ratchet sn het in die wash afgebreek.
Dit was die naweek se hengel gewees. Dankie ouens vir nog `n lekker herrinnering met lekker hengel stories.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment