Monday, July 26, 2010

PSA Algemene Jaarvergadering/Jaareindfunksie



Vrydag aand, 23 Julie 2010, was die eerste algemene jaarvergadering en die jaareindfunksie van PSA. Die aand was gekenmerk deur `n onkeerbare gevoel van opgewondenheid en afwagting. Die lede het nie geweet wat voorlĂȘ nie, aangesien die voorsitter en sekretaris die funksie in die geheim gereel het.

Die aand is geopen met gebed deur die voorsitter, Ratchet. Volgende het Kraaines die verwelkomings gedoen en daarna het Ratchet sy voorsitters verslag gelewer. Die finansiele state is kortliks bespreek en hierna is die jaarverkiesing gehou.

Ratchet is vir nog `n termyn aangewys as voorsitter. Kraaines is ook weer as sekretaris aangewys. 2010/2011 het nog `n komittee, Die Behuisings Komittee bygekry, waarop Katvis en Mosselbras gaan dien. Hammel het `n versoek gerig dat die blog opgekikker word en dit sal sovolgens bespreek en uitgevoer word.

Volgende was die prysuitdeling. Die pryse was as volg:

Meeste lyn weggegooi - Mosselbras


Meeste sinkers verloor - Kraaines


Mees toegewyd - Hammel


Hengelaar met die meeste buitelandse ondervinding - Slappies




PSA Hengelaar van die jaar - Katvis



Daar was ook verrassings presente (opvou stoeltjies), wat Kraaines geborg het, vir almal uitgedeel.

Die aand is verder deur almal geniet. Daar is lekker gedrink, geeet en gekuier en die aand was `n groot sukses. Dankie aan almal wat daar was, en ek wil ook net dankie sĂȘ aan Darling Cellars wat ons span help met borgskap.



Monday, July 19, 2010

Struisbaai - 16 tot 18 Julie

Nog `n PSA naweek is tot `n einde. Dit was maar hard op die ouens se gemoed, maar ek dink ons almal het dit steeds baie geniet.

Vrydag aand toe ons by Kraaines se huis stop, toe pomp die wind. Dit was koud en onplesierig, maar dit het ons nie gekeer om 23:00 `n paar gooie te gaan maak nie. Niks het gebeur nie, behalwe vir `n paar embrio klipvissies en een baba baber.

Saterdag oggend is daar so 7h se kant begin klaarmaak en het ons ons luck by Kolstertgat gaan probeer. Die water was baie skoon en ons het skaars `n byt gekry.

Ons pak toe die pad Brandfontein toe, waar daar nogal `n klomp ander hengelaars was. Hier het ons ook geen sukses gehad nie.










Ons het toe `n terleurstellende middag ete by Nostra gaan afskied en toe is ons plaat toe. Ons geluk het hier gedraai en Christo het `n mooi belman van so 43cm geland. Katvis het stewige byte gekry met sy slide en Ratchet se slide sardine se kop is skoon afgehap.












Ons is net na donker met ons koppe gesak terug huis toe.

Sondag is `n paar gooie gemaak maar met geen sukses. Die water was stil en kristal helder skoon. Pragtig vir duik, maar ons was nie gekit daarvoor nie. Dit was `n lekker naweek en hopelik gaan volgende keer beter gaan. Dankie aan Carla en Leon was ons gejoin het op die naweek, asook aan Kraaines vir die verblyf. Tot volgende keer



Friday, July 16, 2010

Franskraal - 14 tot 16 Mei

Hees. Hierdie is `n baie laat blog entry. Ek het probleme met ons IT gehad, so was vir twee maande sonder rede geblok. Ja, my blog was geblok, maar nou kan ek weer blog.

April maand was te rof vir `n offisiele naweek, met al daai vakansie dae. Ons het een of twee naweke vinnig Betties toe geskied. Ek en Mosselbras het die 24ste April vinnig `n gooi gaan maak in Betties. Eerste gooi vir Mosselbras - vas! Mooi galjoen.





Ons het toe ons PSA naweek gehad van 14 tot 16 Mei by Franskraal. Ons het `n awesome huis gekry (dankie aan Katvis vir die reelings). Ook net een galjoen uitgekom die naweek. Dit was `n baie lekker naweek, maar ons het effe te veel gedrink...

Ek wens daar is beter fotos van die vis, maar ja, soos ek se het die wyn gevloei..





(Die vis was gevries gewees)



Wel, dis al vir nou. Ons gaan biekie Struisbaai toe ry vandag vir die naweek, so hopelik is daar baie vis fotos vir die volgende inskrywing.