Nog `n PSA naweek is tot `n einde. Dit was maar hard op die ouens se gemoed, maar ek dink ons almal het dit steeds baie geniet.
Vrydag aand toe ons by Kraaines se huis stop, toe pomp die wind. Dit was koud en onplesierig, maar dit het ons nie gekeer om 23:00 `n paar gooie te gaan maak nie. Niks het gebeur nie, behalwe vir `n paar embrio klipvissies en een baba baber.
Saterdag oggend is daar so 7h se kant begin klaarmaak en het ons ons luck by Kolstertgat gaan probeer. Die water was baie skoon en ons het skaars `n byt gekry.
Ons pak toe die pad Brandfontein toe, waar daar nogal `n klomp ander hengelaars was. Hier het ons ook geen sukses gehad nie.
Ons het toe `n terleurstellende middag ete by Nostra gaan afskied en toe is ons plaat toe. Ons geluk het hier gedraai en Christo het `n mooi belman van so 43cm geland. Katvis het stewige byte gekry met sy slide en Ratchet se slide sardine se kop is skoon afgehap.
Ons is net na donker met ons koppe gesak terug huis toe.
Sondag is `n paar gooie gemaak maar met geen sukses. Die water was stil en kristal helder skoon. Pragtig vir duik, maar ons was nie gekit daarvoor nie. Dit was `n lekker naweek en hopelik gaan volgende keer beter gaan. Dankie aan Carla en Leon was ons gejoin het op die naweek, asook aan Kraaines vir die verblyf. Tot volgende keer
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment