Monday, July 26, 2010

PSA Algemene Jaarvergadering/Jaareindfunksie



Vrydag aand, 23 Julie 2010, was die eerste algemene jaarvergadering en die jaareindfunksie van PSA. Die aand was gekenmerk deur `n onkeerbare gevoel van opgewondenheid en afwagting. Die lede het nie geweet wat voorlĂȘ nie, aangesien die voorsitter en sekretaris die funksie in die geheim gereel het.

Die aand is geopen met gebed deur die voorsitter, Ratchet. Volgende het Kraaines die verwelkomings gedoen en daarna het Ratchet sy voorsitters verslag gelewer. Die finansiele state is kortliks bespreek en hierna is die jaarverkiesing gehou.

Ratchet is vir nog `n termyn aangewys as voorsitter. Kraaines is ook weer as sekretaris aangewys. 2010/2011 het nog `n komittee, Die Behuisings Komittee bygekry, waarop Katvis en Mosselbras gaan dien. Hammel het `n versoek gerig dat die blog opgekikker word en dit sal sovolgens bespreek en uitgevoer word.

Volgende was die prysuitdeling. Die pryse was as volg:

Meeste lyn weggegooi - Mosselbras


Meeste sinkers verloor - Kraaines


Mees toegewyd - Hammel


Hengelaar met die meeste buitelandse ondervinding - Slappies




PSA Hengelaar van die jaar - Katvis



Daar was ook verrassings presente (opvou stoeltjies), wat Kraaines geborg het, vir almal uitgedeel.

Die aand is verder deur almal geniet. Daar is lekker gedrink, geeet en gekuier en die aand was `n groot sukses. Dankie aan almal wat daar was, en ek wil ook net dankie sĂȘ aan Darling Cellars wat ons span help met borgskap.



No comments:

Post a Comment